Follow along with the video below to see how to install our site as a web app on your home screen.
Note: This feature may not be available in some browsers.
Kyk nou net wat het Kellyza begin en daar verdwyn sy van die toneel af!
Dit lyk of daar genoeg belangstelling vir my moedertaal is, so waarom sal ons nie voortgaan nie?
MAKE MY DAY, wil jy regtig Afrikaanse erotika lees? Ek het wel eenkeer 'n storie in Afrikaans raakgeloop in Literotica, maar dit was redelik kru. Ek sal dit weer probeer opspoor en jou laat weet presies waar as ek dit weer kan vind.
Dieselfde ook vir jou CASTAGNUS. Ek is egter nie seker of jy manlik is of vroulik nie: volgens die Avatar lyk jy beslis vroulik, maar die naam klink manlik??
INGWE ek probeer uitwerk of jy Afrikaans gebore is. Verstaan ek reg dat jy nog nie lank i n Engeland is nie en klaar sat is vir die Engelse? Wat het jy verwag? (LOL LOL!)
Nirvana, sou 'n goeie Afrikaanse vertaling van jou naam dalk wees Paradysdrakin?
Dit lyk of ons dalk vir Nirvana sal kan oorreed om iets in Afrikaans te skryf. Ek het van haar stories gelees en dit is belsis nie die gewone nie, maar sal baie graag wil sien wat syin Afrikaans skryf!
Groete,
Z
Ek sal verkies om direk in Afrikaans te skryf. Ek dink persoonlik dit het 'n totale ander gevoel as Engels.
En ja, ek stem saam dat dit interesant is dat die Nederlanders dit sal wil lees
Die genre sal lesbies wees.
Ekskuus Vana, ek het die eerste deel van jou antwoord misgekyk. Ek dink nie my vertaling is goed nie, want Nirvana is mos nie Paradys nie, dis meer 'n geestegesteldheid as 'n plek. Verder is die enkel "S" aan die einde van jou naam 'n aanduiding dat die NIE bedoel is om die vroulike vorm van DRAGON te wees nie. "Drakin" is my eie weergawe van wat ek dink 'n vroulike draak moet wees, maar ek glo nie daar is so 'n woord in Afrikaans nie. Sal jy omgee as ons rondspeel met 'n Afrikaanse vertaling van jou naam? Dink aan die erotiese moontlikhede, jy weet, soos die idioom oor draakstekery ens?